top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Man City val vas by Juventus, Arsenal storm voort in Kampioeneliga

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 12, 2024
1 min read

Die Engelse Premierliga-kampioene, Manchester City sit vas in die 22ste plek op die EUFA Kampioenebeker punteleer, na hulle Woensdagaand teen Juventus vasgeval het. Man City het in Italië gaan kuier by die Allianz-stadion, waar die gasheer twee maal sonder antwoord die bal in hulle doelhok kon kry. Arsenal kon intussen met 3-0 teen Monaco seëvier, danksy twee doele van Bukayo Saka en een van Kai Havertz, en lê nou in die derde plek. Barcelona sit tans tweede, drie punte agter die voorlopers Liverpool, na hulle vir Borrussia Dortmund met 3-2 kon afsien.

 
 
 

Comments


bottom of page