top of page

SOKKER: Martinez weer beste doelwagter ter wêreld

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 30, 2024
  • 1 min read

Argentinië se Emiliano Martinez is by die Balon d’Or - toekennings in Parys as die beste doelwagter ter wêreld aangekondig. Dit was die tweede agtereenvolgende jaar dat die Aston Villa-doelwagter die toekenning gewen het. Suid-Afrika se Rowen Williams het in die negende posisie gekom nadat hy vir die eerste keer vir die toekenning genomineer is. Williams is ná uitstekende vertonings vir beide sy klub, Mamelodi Sundowns, en sy nasionale span, Bafana Bafana, vir diè toekenning genomineer.

 
 
 

Comments


bottom of page