SOKKER: Orlando Pirates steeds onoorwonne
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 1
- 1 min read
Orlando Pirates het hul wenstreep tot vyf wedstryde in die Betway Premierliga verleng met ‘n 2-0 oorwinning oor TS Galaxy by Orlando-stadion.
Evidence Makgopa het vir die Buccaneers van die strafgebied af geskiet, voordat die plaasvervanger, Tshegofatso Mabasa, die uitslag met ‘n kopskoot in beseringstyd verseël het.
Galaxy het hul oomblikke gehad, maar Pirates het vir lang tydperke oorheers om dit vyf oorwinnings uit sewe ligawedstryde hierdie seisoen te maak.






Comments