SOKKER: Ousmane Dembele, is as Ballon d’Or-wenner gekroon
- Armando Pieters

- Sep 23
- 1 min read
Paris Saint-Germain se voorspeler, Ousmane Dembele, is as Ballon d’Or-wenner gekroon nadat hy sy klub tot ‘n historiese Kampioeneliga-triomf gelei het met 35 doele. Die Fransman het die Barcelona-tiener, Lamine Yamal, geklop, wat die Kopa-trofee vir die beste onder-21-speler gewen het, terwyl PSG-afrigter, Luis Enrique, as klubafrigter van die jaar aangewys is. In die vrouekategorie het Spanje se Aitana Bonmati die toekenning vir die derde jaar agtereenvolgens gewen. Ander eerbewyse het gegaan na Gianluigi Donnarumma vir beste doelwagter, Engeland se Hannah Hampton as beste vrouedoelwagter, en Sarina Wiegman as beste vroueafrigter.





Comments