top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Ronwen Williams is die negende beste doelwagter ter wêreld

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2024
1 min read

Die Bafana Bafana doelwagter Ronwen Williams is by die 2024 Ballon d’Or toekennings aangewys as die negende beste doelwagter in die wêreld. Die 32-jarige het in die 2023/24 seisoen vierduisend-200 minute op die veld spandeer in 46 wedstryde vir Mamelodi Sundowns, waar slegs 19 doele aangeteken was in wedstryde waar hy betrokke was. Hy het ook sy klub gehelp tot ‘n sewende agtereenvolgende Premierskap titel. Die toekennings was gisteraand in Parys aangebied, waar die Argentynse doelwagter, Emiliano Martinez, beloon is met die Yashin trofee.

 
 
 

Comments


bottom of page