top of page

SOKKER: Rooi Duiwels dank Erik ten Hag af na skoknederlaag teen Hammers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 29, 2024
  • 1 min read

Manchester United het sy afrigter Erik ten Hag die trekpas gegee nadat hulle Sondag teen Wes Ham United in die Londen Stadion met 1 – 2 vasgeval het in die Engelse Premier Liga. Ten Hag se landgenoot Ruud van Nistlerooy sal op ’n tussentydse basis as afrigter waarneem terwyl die klub na ’n plaasvervanger begin soek. Die Rooi Duiwels is tans in ’n teleurstellende 14de plek op die punteleer en het nog net 3 uit 9 wedstryde gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page