top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SPORT: 'n Opsomming van die naweek se hoogtepunte

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Mar 2
  • 2 min read

Ons begin met krieket… Die Proteas-mans het Zimbabwe in die T20-wêreldbeker in Delhi met vyf paaltjies geklop. Hulle speel Woensdag in die halfeindronde teen Nieu-Seeland.

 

In die tweede halfeindstryd sal die verdedigende kampioen, Indië en Engeland mekaar Donderdag pak.


Die Indiese span het die Windies ook met vyf paaltjies geklop.


Dan het Pakistan se vrouekrieketspan in Durban die derde eendagwedstryd teen Suid-Afrika met 119 lopies gewen. Die Suid-Afrikaners het vroeër reeds die reeks beklink.

 

Engeland het sy Super Agt-wedstryd in die T20-Wêreldbekertoernooi teen Nieu-Seeland met vier paaltjies gewen. Altwee spanne het egter reeds na die halfeindronde deurgedring.

 

In rugby-nuus… Die Lions het die Stormers verbygesteek op die Verenigde Rugby-kampioenskap se punteleer ná 'n oorwinning van 24 teen 10 in Johannesburg. Dit is die tweede agtereenvolgende oorwinning vir die Johannesburgse span nadat hulle die Sharks verlede naweek geklop het.


Dan het die Bulls hul merkwaardige ommekeer voortgesit en die Sharks met 41-12 in hul Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting op Loftus Versfeld in Pretoria gewen.

 

Ons kyk na die tennis…  Flavio Cobolli van Italië het die Amerikaner, Frances Tiafoe, in skoon stelle geklop in die eindstryd van die Mexikaanse Ope in Acapulco. Dit was Cobolli, wat 20ste is op die wêreldranglys, se derde ATP-titel.

 

Die nuuste van die Premierliga is Arsenal wat 'n voorsprong van vyf punte bo-aan die Premierliga herstel het toe die Gunners die 10-man Chelsea Sondag met 2-1 geklop het. Benjamin Sesko het Manchester United na die derde plek gestoot het met 'n oorwinning oor Crystal Palace.

 

En ons sluit af met gholf-nuus… Die 22-jarige Suid-Afrikaner, Casey Jarvis, sal 'n uitnodiging vir die meesterstoernooi in Augusta in Georgia kry, nadat hy die SA Ope-gholftoernooi in Stellenbosch gewen het. Hy het in die laaste ronde 'n telling van drie minder as die baansyfer 67 aangeteken, vir 'n algehele telling van 14 onder.



 
 
 

Comments


bottom of page