top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Suid-Afrikaners sien uit na reuse kragmeting tussen die Bokke en Ierland

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 22, 2025
1 min read

Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners is opgewonde vir Saterdagaand se kragmeting tussen die Springbokke en Ierland.


Ondersteuners sal graag wil sien dat die Bokke hul sege van oorwinnings die laaste maande voortsit.


Die Springbokke het egter 13 jaar laas dit reggekry om Ierland in Dublin te wen.


Die Springbokke is tans sonder twyfel ʼn span wat wêreldrugby oorheers, maar gegewe die feit dat die Bokke slegs een van hul laaste vyf toetse teen Ierland kon wen, beloof vanaand se wedstryd om vol aksie en spanning te wees.


Die wedstryd skop Saterdag om 19:40 af.



 
 
 

Comments


bottom of page