SWEM: Bloemfontein swemmer samel fondse in vir Chad Le Clos Stigting
- Armando Pieters

- Feb 6
- 1 min read
’n Graad 12 leerling verbonde aan die Hoërskool Sentraal In Bloemfontein – Isabel Vorster – is Donderdag in aksie waar sy fondse insamel vir die Chad le Clos Foundation vir kanker bewusmaking by die Midmar Dam tussen Howick en Piermaritzburg in Kwazulu Natal. Isabel swem Donderdag in agt MidMar Myle en het teen die middag reeds R6 000 ingesamel en het nog R4000 gekort om die teiken van R10 000 te bereik. Sy is Sondag weer saam met haar spanlede van die Neptune Aquatics Klub in die water waar hulle vir oulaas die Myl gaan aandurf. Hierdiè toegewyde swemmer is ook gekies om aan die Junior Nasionale Kampioenskap deel te neem wat tussen 25 tot 30 April in Kaapstad plaasvind. *Die 52ste MidMar Myl vind ook weer die naweek plaas waar meer as 12 000 swemmers aan die wêreld se grootste oop-water byeenkoms gaan deelneem.





Comments