top of page

SWEM: Chad le Clos pak die Midmar vir liefdadigheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer, Chad le Clos, gaan die grootste oopwaterswembyeenkoms in Suid-Afrika aandurf.


Netwerk24 berig Le Clos gaan die 53ste Midmar-myl aandurf ten bate van sy stigting wat geleenthede vir jong, belowende swemmers skep.


Sy stigtig, wat in 2018 op die been gebring is, is daarop gemik om veilige toegang tot swemgeriewe oor Suid-Afrika te verwesenlik, en fokus ook op ontwikkelingsprogramme.


Volgens Le Clos, is hy baie opgewonde, en sê gewoonlik is hy langs die water besig om die ander swemmers aan te moedig.


Chad le Clos. FOTO: Discovery
Chad le Clos. FOTO: Discovery

Comments


bottom of page