top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SWEM: Meder verbeter Afrika record

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 13, 2024
1 min read

Die Suid-Afrikaanse swemmer, Rebecca Meder het ‘n nuwe Afrika-rekord opgestel in die halfeindronde van die 100-meter individuele wisselslag by die Wêreld-kortbadkampioenskap. Die nuwe Afrika rekord in die item is 57-komma-ses-nege sekondes, wat genoeg was om tweede plek in haar eindronde vas te maak. Meder het verbeter op die rekord wat reeds in haar besit was na ‘n 58-komma-vier-vier sekonde swem in die uitdunne. Die Amerikaner, Gretchen Walsh het die halfeindrondte gewen in ‘n wêreldrekord tyd van 55-komma-sewe-een sekondes.

 
 
 

Comments


bottom of page