SWEM: Suid-Afrikaanse swemster met Down se Sindroom vestig ses wêreldrekords in Thailand
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 11, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse swemsensasie van George in die Wes-Kaap, Minke Janse van Rensburg, is nou amptelik die beste swemster met Down se Sindroom in die wêreld. Janse van Rensburg het tydens die 2025 Virtus Wêreld-Swemkampioenskappe in Bangkok, Thailand, geskiedenis gemaak toe sy ses wêreldrekords verbeter het. Sy is ook aangewys as Swemmer van die Toernooi. In totaal het sy 11 medaljes ingepalm – dit sluit in ses goud, twee silwer, en drie brons – meer as enige ander deelnemer.






Comments