Syfers oor geslagsgebaseerde geweld beklemtoon die omvang van die krisis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die omvang van geslagsgebaseerde geweld het ‘n groot bron van kommer gebly toe die Nasionale Raad met sy werk begin het.
Die Raad vir Geesteswetenskappe-navorsing het bevind dat ongeveer 7.3 miljoen vroue fisiese geweld gedurende hul leeftyd ervaar het, terwyl meer as 2.1 miljoen seksuele geweld ervaar het.
Die polisie het 50 511 gevalle van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tussen April en Junie aangeteken.
Chikunga sê die syfers verteenwoordig mense wie se grondwetlike regte geskend is.
LUISTER HIER:
260831nSindisiweChikunga_gbv_crisis







Comments