TENNIS: Australiese legende Neale Fraser in die ouderdom van 91 oorlede
- Armando Pieters

- Dec 4, 2024
- 1 min read
Die Australiese legende Neale Fraser is in die ouderdom van 91 oorlede. Fraser wat die 1959 / 60’ Amerikaanse Ope kampioen was en in dieselfde jaar Wimbledon gewen het was ook vir 24 jaar lank die nie-spelende kaptein van die Davisbeker-span. Australië se goue jare in diè kompetisie het daarna gevolg waar hulle in 1973 , 1977 , 1983 en 1986 die Davisbeker gewen het. Fraser was ook ’n tydgenoot van Rod Laver en Roy Emerson en het drie Grand Slam-enkelspeltitels sowel as 16 in dubbel- en gemengde dubbelspel krone in die jare ’50 en ’60 verower.





Comments