top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Dag 1 van Australiese Ope ook deur reën ontwrig maar sorg steeds vir skitterspel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 13, 2025
1 min read

Die Australiese Ope wat deur reën en donderweer op die openingsdag ontwrig is het egter nie ’n demper op die entoesiasme in die Rod Laver Arena geplaas nie waar die sesde gekeurde Casper Ruud als in die stryd moes werp om Jaume Munar van Spanje in vyf stelle uit te kon skakel. Ruud het uiteindelik in ’n marathon wedstryd met 6 – 3 , 1 – 6 , 7 – 5 , 2 – 6 en 6 – 1 die septer geswaai. Die tweede gekeurde Alexander Zverev het egter ’n makliker wedstryd gehad en die Fransman Lucas Pouille in 3 skoon stelle uitgestof. Die telling was 6 – 4 , 6 – 4 en 6 – 4. In die dames afdeling het die verdedigende kampioen en eerste gekeurde Aryna Sabalenka min moete ondervind teen die opwindende Amerikaner Sloane Stevens en gemaklik met ’n telling van 6 – 3 en 6 – 2 geseëvier. Die 11de gekeurde Spanjaard Paula Badosa was in die John Cain Arena teen Wang Xinyu van China in aksie en het haar eerste ronde wedstryd ook in twee skoon stelle gewen.

 
 
 

Comments


bottom of page