top of page

TENNIS: Die 2020 Amerikaanse Ope Grand Slam kampioen bêre raket weg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 24, 2024
  • 1 min read

Die eenmalige Grand Slam kampioen Dominic Thiem se loopbaan het Dinsdag tot ‘n einde toe gekom. Thiem se laaste wedstryd in beroepstennis was teen die Italianer Luciano Darderi in die rondte van 32 van die Vienna Ope waar die Oostenryker in skoon stelle met 7-6 en 6-2 vasgeval het. Thiem het in sy loopbaan 17 ATP enkelspel titels gewen en was in 2020 ook as die Amerikaanse Ope kampioen gekroon.

 
 
 

Comments


bottom of page