TENNIS: Djokovic belê in nuwe lewe in Griekeland
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 27
- 1 min read
Novak Djokovic is naby om ‘n multimiljoen-dollar tennis- en raketklub aan die kus van Athene te koop, wat sy bande met Griekeland versterk nadat hy vroeër vanjaar met sy gesin daarna verhuis het.
Die 24-malige Grand Slam-kampioen sê die skuif is gedryf deur die begeerte om sy jong gesin ‘n gesonder en meer gebalanseerde omgewing te gee.
Djokovic belê 23 miljoen dollar in die tennis- en raketklub, wat 20 tennisbane plus padel- en piekelbalfasiliteite sal hê.
Die projek sal na verwagting nie net as Djokovic se oefenbasis dien nie, maar ook as ‘n ontwikkelingsentrum vir die land se topspelers en opkomende juniors.






Comments