top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Djokovic mis 100ste ATP-titel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 4, 2025
1 min read

Novak Djokovic se poging om ‘n 100ste ATP-titel agter sy naam te skryf, het misluk weens ‘n nederlaag teen Reilly Opelka van die VSA. SABC-sport berig die telling in die kwarteindstryd by die Internasionale toernooi in Brisbane was 7–6 en 6–3 in Opelka se guns. Dié nederlaag is ‘n groot terugslag vir die Serwiër wat in die aanloop tot die Australiese Ope wou aansluit by die geledere van spelers wat meer as 100 ATP -titels verower het. Roger Federer het 103 titels agter sy naam, en Jimmy Connors 109 titels. Djokovic wil ook graag sy 25ste Grand Slam-titel verower by die Ope. Opelka was vir bykans twee jaar deur beserings geteister voor hy verlede jaar na die elite-toernooie kon terugkeer.

 
 
 

Comments


bottom of page