top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Gauff vorder na laaste vier in WTA-jaareindtoernooi

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 6, 2024
1 min read

Die Amerikaanse tennisspeler, Coco Gauff, het die laaste vier gehaal in die WTA-jaareindtoernooi. Dit kom na sy die verdedigende kampioen en tweede gekeurde Iga Swiatek in skoon stelle, met 6-3 en 6-4 geklop het. Dit was slegs Gauff se tweede wen teen Swiatek in hulle laaste dertien ontmoetings. Intussen is dit bevestig dat Jessica Pegula nie sal kan vorder na die halfeindrondes nie, ná Barbora Krejcikova haar met 6-3 en 6-3 geklop het.

 
 
 

Comments


bottom of page