top of page

TENNIS: Iga Swiatek vir ‘n maand geskors oor verbode middle

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Nov 29, 2024
  • 1 min read

Die huidige tweede beste vrouetennisspeler, Iga Swiatek, is in die sop oor medikasie wat sy neem om te slaap. Die 23-jarige het in Augustus positief getoets vir die verbode middel, trimetasidien. Volgens die Internasionale Integriteitsagentskap is dit veroorsaak deur die besmetting van haar melatonien-medikasie. Swiatek gebruik dit glo vir vlugflouheid en om te slaap. Swiatek is steeds vir ‘n maand geskors, en haar prysgeld vir die Cincinnati-Ope is verbeur.

 
 
 

Comments


bottom of page