TENNIS: Jong Suid-Afrikaner wen ‘n ITF-toernooi in Japan

Nov 4, 2024
1 min read
Die 23-jarige Suid-Afrikaanse tennisspeler, Philip Henning, het ‘n ITF-tennistoernooi in Japan gewen. Henning, wat die eerste gekeurde speler op die toernooi in Janagawa-stad was, het in die eindstryd vir Japan se Yuta Kikuchi met 7-6 en 6-1 verslaan. Die jong Suid-Afrikaanse speler beklee tans die 404de plek op die wêreldranglys nadat hy die jaar in die 758ste plek afgeskop het. Henning sal in Japan bly om in nog drie ITF-toernooie mee te ding.







Comments