top of page

TENNIS: Lloyd Harris se Amerikaanse Ope droom word deur die vierde gekeurde Taylor Fritz tot ’n einde gebring

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 28, 2025
  • 1 min read

Lloyd Harris se Amerikaanse Ope droom het tot ’n vroeë einde gekom toe die vierde gekeurde Taylor Fritz die Suid-Afrikaner in vier stelle uitgeskakel het. Harris het die vroeë momentum geneem en die eerste stel met 6 – 4 ingepalm maar daarna het Fritz na ’n hoë rat oorgeskakel en die daaropvolgende stelle met 7 – 6, 6 – 2 en 6 – 4 gewen. Die 24-malige Grand Slam kampioen Novak Djokovic is ook nog steeds in die wedloop toe hy ook vier stelle benodig het om die Amerikaner Zachary Svadja te troef terwyl die derde gekeurde Alexander Zverev vir Alejandro Tabilo in drie stelle huistoe gestuur het.

 
 
 

Comments


bottom of page