TENNIS: Medvedev beboet na swak gedrag by Australiese Ope
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 21, 2025
- 1 min read
Die Rus Daniil Medvedev het ‘n groot boete ontvang vir sy gedrag gedurende die Australiese Ope. Die 28-jarige het die afgelope Dinsdag in sy eerste ronde wedstryd teen Kasidit Samrej sy raket herhaaldelik teen die netkamera geslaan voor hy in sy tweede ronde nederlaag teen Leaner Tien ook toerusting na die kantlyn gegooi het. Medvedev wat met $76 000 beboet is het daarna ook versuim om op te daag vir die mediakonferensie na die wedstryd.






Comments