top of page

TENNIS: Ongekeurde Lois Boisson van Frankryk deur na haar eerste halfeindstryd op Roland Garros

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 5
  • 1 min read

Die 22-jarige ongekeurde en plaaslike gunsteling Lois Boisson het haar eerste halfeindstryd by Roland Garros bereik toe sy die sesde gekeurde Mirra Andreeva in twee skoon stelle uitgeskakel het. Bosson het die eerste valbylstel gewen met ’n telling van 8 – 6 en daarna die tweede een met 6 – 3 beklink. Boisson ontmoet die tweede gekeurde Coco Gauff wat drie stelle benodig het om haar landgenoot en die sewende gekeurde Madison Keys uit te kon skakel. Die telling was 6 – 7, 6 – 4 en 6 – 1. Die tweede halfeindronde in die vroue afdeling gaan vir heelwat vuurwerke sorg wanneer die eerste gekeurde Aryna Sabalenka en die verdedigende kampioen Iga Swiatek op die Phillipe-Chatrier baan sake gaan uitspook. In die mans afdeling sal die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz op sy beste moet wees wanneer hy die flambojante Italianer Lorenzo Musetti in die laaste ronde van vier pak terwyl Musetti se landgenoot en wêreld nommer een Jannik Sinner ’n taai toffie gaan moet kou teen Novak Djokovic wat op soek sal wees na sy 25ste Grand Slam titel.

 
 
 

Comments


bottom of page