top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

TENNIS: Paula Badosa haal vir die eerste keer ‘n Grand Slam halfeindstryd

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 21, 2025
1 min read

Die Spanjaard, Paula Badosa, het vir die eerste keer in haar loopbaan gevorder na die halfeindstryd van ‘n Grand Slam toernooi. Bodaso het vanoggend teen die derde gekeurde Amerikaner, Coco Gauff, te staan gekom in die kwarteindronde en haar in skoon stelle, met 7-5 en 6-4 verslaan. Sy word sodoende die eerste Spaanse vrou om ‘n halfeindronde te haal van ‘n Grand Slam sedert Garbine Muguruza in 2020. Intussen is die tweede gekeerde mansspeler, Alexander Zverev, ook deur na die halfeindronde ná hy vir Tommy Paul van Amerika met 7-6, 7-6, 2-6 en 6-1 verslaan het.

 
 
 

Comments


bottom of page