TENNIS: Pole maak geskiedenis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 12
- 1 min read
Updated: Jan 13
Pole het hul eerste United Cup-titel in Sydney verower nadat hulle Switserland met 2-1 in die eindstryd geklop het.
Switserland het die voortou geneem toe Belinda Bencic die wêreldnommer twee, Iga Swiatek, in drie stelle geklop het, maar Hubert Hurkacz het die stryd gelyk gemaak deur Stan Wawrinka in die mans-enkelspelwedstryd te oorkom.
Die kampioenskap is in die gemengde dubbelspel beslis, aangesien Katarzyna Kawa en Jan Zielinski onoorwonne by die toernooi gebly het en Bencic en Jakub Paul in reguit stelle verslaan het om die oorwinning te verseker.







Comments