top of page

TENNIS: SA Davisbeker-span het ‘n nuwe kaptein

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 18, 2024
  • 1 min read

Tennis Suid-Afrika het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Davisbeker-span ‘n nuwe kaptein het. Die span sal aangevoer word deur Pietie Norval wat ‘n Olimpiese silwer medalje wenner is. Die 54-jarige het by die Barcelona Spele in 1992 silwer gewen in die dubbelspel saam met Wayne Ferreira na hulle teen die Duitse paar van Boris Becker en Michael Stich verloor het in die wedstryd vir die goue medalje. Norval neem oor by Christo van Rensburg en sal die span in Februarie aanvoer in hulle Wêreld Groep-twee uitspeelwedstryd teen Nigerië in Pretoria.

 
 
 

Comments


bottom of page