TENNIS: Sabalenka aangewys as WTA se Speler van die Jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 11, 2024
- 1 min read
Die wêreld se voorste vroue speler Aryna Sabalenka is aangewys as die WTA se Speler van die Jaar. Sabalenka het vier titels vanjaar verower wat die Australiese- en Amerikaanse-ope Grand Slam titels insluit. Diè 26-jarige kon ook titels inpalm by die Cincinnati- en Wuhan-ope toernooie. Verder het Sabalenka in Oktober ‘n einde gebring aan Iga Swiatek se greep in die eerste plek op die wêreld ranglys waar sy vir 11-maande bo-aan diè lys spandeer het.






Comments