top of page

TENNIS: Sinner en Medvedev seëvier by ATP-jaareindtoernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 13, 2024
  • 1 min read

Jannik Sinner het ‘n begeesterde Taylor Fritz afgesien in beide se tweede wedstryde by die ATP-jaareindtoernooi. Sinner, die wêreld se voorste mansspeler, moes hard werk vir sy oorwinning, met die 6-4 en 6-4 telling nie ‘n ware weerspeling van die wedstryd nie. Intussen het Daniil Medvedev weereens sy klas gewys in sy 6-2 en 6-4 oorwinning oor Alex de Minaur. Die derde gekeurde Carlos Alcaraz sal vandag om drieuur die agtste gekeurde Andrey Rublev pak, terwyl die tweede gekeurde Alexander Zverev met die sesde gekeurde Casper Ruud koppe stamp om half-10 vanaand.

 
 
 

Comments


bottom of page