top of page

TENNIS: Tsitsipas verloor eerste ronde stryd by Aussie Ope

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 14
  • 1 min read

Die Griekse tennisspeler Stefanos Tsitsipas is in die eerste ronde van die Australiese Ope uitgeskakel. Die 2023 naaswenner by diè Grand Slam het met 7 - 5 , 6 - 3 , 2 - 6 en 6 - 4 vasgeval teen die Amerikaner Alex Michelsen wat tans 42ste  op ATP se wêreldranglys is. Tsitsipas het vroeër onttrek van die dubbelspel juis om homself vars te hou vir die enkelspel afdeling en sou saam met sy broer Petros meegeding het. In die vroue afdeling het die sewende gekeurde Amerikaner Jessica Pegula gou klaargespeel met die Aussie Maya Joint en met 6 – 3 en 6 – 0 geseëvier terwyl Pegula se landgenoot Danielle Collins vir Daria Snigur van die Oekraïne ook uitgestof het in twee skoon stelle.

 
 
 

Comments


bottom of page