top of page

Vleispryse styg oor die Kerstyd

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 19, 2025
  • 1 min read

As jy dié Kersfees die immergewilde skaapboud in die oond wil sit, ʼn tjoppie op die vuur wil gooi of ʼn lekker stuk biefstuk wil braai, moet jy maar regmaak om jou sak behoorlik te skud.


Maroela Media berig luidens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika het vleispryse die hoogste vlak in byna agt jaar bereik.


Volgens senior landbou-ekonoom by FNB, Paul Makube, is die hoofoorsaak vir hierdie krisis die uitbreking van bek-en-klouseer wat vanjaar deur die land versprei het. Hierdie siekte het beesboerdery en die verskaffing van beesvleis ernstig ontwrig, wat dit vir boere moeilik gemaak het om hul vee betyds by die mark uit te kry.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik Makube wys voorts op die provinsiale verskille wat vakansiegangers se begrotings verder kan knou.


Ilde Roos

Ter illustrasie. FOTO: Landbou.com
Ter illustrasie. FOTO: Landbou.com

Comments


bottom of page