Vliegongeluk: Brandstof het waarskynlik opgeraak
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 3
- 1 min read
Die Cessna-tweesitplekvliegtuig wat in die Ferreira-area in Bloemfontein neergestort het, se brandstof het waarskynlik opgeraak.
Netwerk24 berig die vliegtuig het Vrydag in Beaufort-Wes opgestyg en het vermoedelik ’n noodlanding probeer uitvoer nadat die brandstof van sy vliegtuig opgeraak het, minute voordat hy op die Tempe-lughawe sou neerstryk.
Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n mediaverklaring die vlieënier was in die wrak van die vliegtuig vasgekeer. Die man is op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar.





Comments