Vrystaters word gewaarsku om tydens die feestyd waaksaam te wees

Die polisie doen ’n beroep op Vrystaters om tydens die feestyd waaksaam te bly en hul waardevolle items te beskerm.
Volgens die polisie in die Thabo Mofutsanyana-distrik teiken misdadigers mense wat kontant, bankkaarte en selfone by hulle dra, veral by winkelsentrums, OTM’e en besige openbare plekke.
Die polisie het reeds 46 verdagtes in hegtenis geneem in verband met algemene roofgevalle.
Phuthaditjhaba, Harrismith, Makwane, Bethlehem en verskeie ander plaaslike polisiekantore het verlede jaar dubbelsyfer-roofgevalle aangeteken.
Vrystaters word aangeraai om nie waardevolle items openlik te vertoon nie, waaksaam te wees wanneer hulle OTM’e gebruik en verdagte aktiwiteite by die polisie of privaat sekuriteit aan te meld.









Comments