YSTERMAN: Die voorsitter van Vrystaat-nasorgsentrum doen die Ysterman
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 13
- 1 min read
Bloemfonteiner Deon Barnard, sy broer, Dattie, en swaer Melius de Wet gaan nou komende Sondag aan die Ysterman-70.3-kompetisie in Mosselbaai deel neem.
Deon, die voorsitter van Vrystaat-nasorgsentrum se beheerliggaam, wil met dié uitdaging mense bewus maak van die sentrum wat ‘n tuiste bied vir volwassenes met intellektuele inperkings.
Sondag se Ysterman behels 1,9km se swem vanaf die historiese Santos-strand tot by De Bakke-strand, van daar hardloop atlete na die oorgangsone waar hulle hul fietse kry vir ‘n roete van 90km van die strand binneland toe tot by Uitkyk op die Herbertsdalepad en terug.
Terug by De Bakke is die tweede oorgangsone waar atlete hul fietse bêre en begin met die wedloop oor 21.1km deur Mosselbaai tot by die Punt in drie rondtes.
Volgens Barnard is die besluit om deel te neem om geld in te samel vir die Vrystaat-nasorgsentrum en ondersteuners kan donasie maak op Vrystaat-nasorgsentrum se Facebookblad.






Comments