top of page



'n Bank se KI-sekuriteitstelsel keer miljoene rand se bedrog
Capitec sê sy Kunsmatige Intelligensie- (KI) gedrewe sekuriteitstelsel het daarin geslaag om vanjaar R300 miljoen se kliëntbedrog te stop. Volgens die bank het die stelsel 80 000 muilrekeninge geblokkeer en 200 000 swendelaarbetalings voorkom. Sy ingenieurs het gevorderde bedrogopsporingsmodelle, wolkgebaseerde kliëntverifikasies en gedragsanalise gebou. Die bank sê hierdie pogings het die miljoene rand se verliese voorkom. FOTO: Capitec

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


G20: Kritieke minerale en kunsmatige intelligensie
Die G20-leiersberaad word vandag vir sy tweede en laaste dag voortgesit. Volgens Netwerk24 sal die afgevaardigdes vandag die rol van kritieke minerale en kunsmatige intelligensie onder die loep neem voor die afsluitingseremonie. Weens die diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA sal die gebruiklike seremoniële oorhandiging van die presidentskap nie plaasvind nie. Bilaterale gesprekke tussen Indië en Suid-Afrika sal ook vandag plaasvind. G20 2025. FOTO: AllAfrica

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 23, 2025
bottom of page

