top of page



Duisende Suid-Afrikaners beëindig hul belastinginwonerskap
Meer as 50 000 belastingbetalers het die afgelope sewe jaar hul belastinginwonerskap in Suid-Afrika beëindig. Dit is volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die diens sê dit dui op ’n langtermyn-uitdunning van die belastingbasis, met ’n beduidende afname in belasbare inkomste en belastinginkomste. Hulle waarsku dat die tendens ’n toenemende risiko vir staatsinkomste inhou. Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 23
bottom of page

