top of page



Dinge lyk goed vir 'n braai hierdie jaar
Die jongste Braai-indeks toon dat om 'n braai te hou al hoe meer bekostigbaar word. Dit dui op ‘n positiewe vooruitsig vir vanjaar. Die braaimandjie het maand-tot-maand met 1,6% gedaal. Terwyl kostes 0,7% hoër bly as ‘n jaar gelede, is die toename heelwat laer as die hoofinflasie van voedsel. Vleispryse bly skerp styg, maar laer groentepryse help om die druk te verreken. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 6
bottom of page

