top of page



Helpende Hand pak skooltasse vol skryfbehoeftes én ‘n Bybel
Om behoeftige gr. 1-leerders te help, het vrywilligers van Solidariteit Helpende hand altesaam 140 skoolstasse vol skryfbehoeftes en ‘n Bybel gepak. Maroela Media berig die skooltasse vorm deel van die 2 000 Skooltassies-projek. Skryfbehoeftes soos ʼn skêr, gom en inkleurkryte gee die kinders akademiese vlerke en bevorder selfvertroue. Dit terwyl die Bybel as ʼn grondslag vir hoop, waardes en karaktervorming dien. Streekorganiseerder van die Groter Centurion-streek, Liani Louw

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


'n Bekende Bybel-toep vier een miljard installasies
Die Bybel-toep YouVersion vier hierdie maand een miljard installasies. Hierdie mylpaal kom tydens ‘n rekordjaar vir Bybelbetrokkenheid, met YouVersion se globale toep-installasies wat met meer as 12% jaar-op-jaar gestyg het. Daaglikse gebruik groei selfs vinniger, met ‘n toename van 18% teenoor verlede jaar. Die YouVersion-familie van toeps, wat in elke land wêreldwyd gebruik word, sien ook een miljard toep-openings elke 39 dae, wat die groeiende betrokkenheid van sy globale

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 11, 2025


Die Bybel is onlangs na meer as 100 tale vertaal
Die wêreldwye beweging om die Bybel in elke taal beskikbaar te stel, kry merkwaardige momentum, met nuwe syfers wat historiese vordering...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 7, 2025
bottom of page

