top of page

Helpende Hand pak skooltasse vol skryfbehoeftes én ‘n Bybel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 13
  • 1 min read

Om behoeftige gr. 1-leerders te help, het vrywilligers van Solidariteit Helpende hand altesaam 140 skoolstasse vol skryfbehoeftes en ‘n Bybel gepak.


Maroela Media berig die skooltasse vorm deel van die 2 000 Skooltassies-projek.


Skryfbehoeftes soos ʼn skêr, gom en inkleurkryte gee die kinders akademiese vlerke en bevorder selfvertroue.


Dit terwyl die Bybel as ʼn grondslag vir hoop, waardes en karaktervorming dien.


Streekorganiseerder van die Groter Centurion-streek, Liani Louw, meen die begin van ʼn kind se skoolloopbaan is meer as net akademies.


Sy sê dit is die vormingsjare waarin geloof, drome en identiteit begin groei.


Deur ʼn Bybel in elke tassie te plaas, help hulle om kinders van kleins af toe te rus met nie net kennis nie, maar ook ʼn morele en geestelike kompas wat hulle deur hulle hele lewe kan dra.


Vrywilligers help tasse pak. FOTO: Facebook
Vrywilligers help tasse pak. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page