top of page



Vliegongeluk: Brandstof het waarskynlik opgeraak
Die Cessna-tweesitplekvliegtuig wat in die Ferreira-area in Bloemfontein neergestort het, se brandstof het waarskynlik opgeraak. Netwerk24 berig die vliegtuig het Vrydag in Beaufort-Wes opgestyg en het vermoedelik ’n noodlanding probeer uitvoer nadat die brandstof van sy vliegtuig opgeraak het, minute voordat hy op die Tempe-lughawe sou neerstryk. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n mediaverklaring die vlieënier was in die wrak van die vliegtuig vasgekeer.

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 3
bottom of page

