Die eerste gedrukte uitgawe van die nuwe nasionale Afrikaanse weekblad, Die Papier , sal Vrydag landwyd by winkels in gedrukte formaat beskikbaar wees. Nova News berig lesers kan ook ’n digitale e-koerant koop om aanlyn deur te blaai. Novus Media, moedermaatskappy van Nova News , het die nuwe publikasie in November 2025 aangekondig. Die redakteur van Die Papier , Barnard Beukman, sê hulle is baie opgewonde dat die koerant saam met alle betrokkenes, en veral die lesers, oor di