top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Nuwe Afrikaanse koerant verskyn

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 6
  • 1 min read

Die eerste gedrukte uitgawe van die nuwe nasionale Afrikaanse weekblad, Die Papier, sal Vrydag landwyd by winkels in gedrukte formaat beskikbaar wees. Nova News berig lesers kan ook ’n digitale e-koerant koop om aanlyn deur te blaai.


Novus Media, moedermaatskappy van Nova News, het die nuwe publikasie in November 2025 aangekondig.


Die redakteur van Die Papier, Barnard Beukman, sê hulle is baie opgewonde dat die koerant saam met alle betrokkenes, en veral die lesers, oor die volgende weke, maande en jaar uitgebou word as ’n belangrike bate vir die Afrikaanse lesersmark.


Die Papier sal landswyd beskikbaar wees by handelaars wat tradisioneel Afrikaanse tydskrifte verkoop asook dagblaaie en Sondag-koerante.


FOTO: The Something Guy
FOTO: The Something Guy

Comments


bottom of page