top of page



Bloemfonteiners moet waaksaam en voorbereid wees
Syfers wat deur die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste bekend gestel is, herinner hoe vinnig dinge kan eskaleer – van gras- en huisbrande tot padongelukke. Luidens ‘n plasing op sosiale media het dié brandweer en reddingsdienste in Januarie vanjaar alleen al op 95 voorvalle gereageer. Die voorvalle sluit onder andere grasbrande, motorongelukke en brande by huise in. Die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste sê hulle was ook al vanjaar na verskeie grasdak-brande uitgeroep.

Saamgestel deur Nadia Pieters
2 days ago
bottom of page

