top of page

Bloemfonteiners moet waaksaam en voorbereid wees

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Syfers wat deur die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste bekend gestel is, herinner hoe vinnig dinge kan eskaleer – van gras- en huisbrande tot padongelukke.


Luidens ‘n plasing op sosiale media het dié brandweer en reddingsdienste in Januarie vanjaar alleen al op 95 voorvalle gereageer.


Die voorvalle sluit onder andere grasbrande, motorongelukke en brande by huise in.


Die Mangaung Brandweer en Reddingsdienste sê hulle was ook al vanjaar na verskeie grasdak-brande uitgeroep.


Hulle waarsku dat grasdakke ‘n groot brandgevaar word indien dit nie aan regulasies voldoen nie, en voeg by dat goedgekeurde bouplanne vir grasdakstrukture, insluitend lapas, verpligtend is.


Indien nie, loop inwoners die risiko van boetes, verwyderingsbevele en versekeringsprobleme.


FOTO: Facebook / Mangaung Brandweer en Reddingsdienste
FOTO: Facebook / Mangaung Brandweer en Reddingsdienste

Comments


bottom of page