top of page



‘n Storm rig groot skade in die Oos-Vrystaat aan
Inwoners is nog besig met skadeberaming na ‘n storm groot skade aan eiendom aan die Oos-Vrystaatse dorp Rosendal aangerig het. Netwerk24 berig die donderstorm het voor die naweek ongeveer 10 huise beskadig en vier huise se dakke heeltemal afgewaai. Daar is gelukkig geen beserings aangemeld nie. Inwoners van die dorp sê hulle het nog nooit so ‘n erge storm ervaar nie. Sommige meen dit was ‘n tornado wat deur die dorp beweeg het. Daar het die afgelope naweek ook swaar hael in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025
bottom of page

