top of page

‘n Storm rig groot skade in die Oos-Vrystaat aan

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Nov 4
  • 1 min read

Inwoners is nog besig met skadeberaming na ‘n storm groot skade aan eiendom aan die Oos-Vrystaatse dorp Rosendal aangerig het.


Netwerk24 berig die donderstorm het voor die naweek ongeveer 10 huise beskadig en vier huise se dakke heeltemal afgewaai.


Daar is gelukkig geen beserings aangemeld nie. Inwoners van die dorp sê hulle het nog nooit so ‘n erge storm ervaar nie.


Sommige meen dit was ‘n tornado wat deur die dorp beweeg het.


Daar het die afgelope naweek ook swaar hael in Bethlehem en Warden geval.


Inwoners in Bethlehem sê die hael het skade aan verskeie inwoners se eiendom aangerig.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page