top of page



Bloemfonteinse sekuriteitsmaatskappye werk saam om vermeende diewe vas te trek
Te danke aan die samewerking van Bloemfonteinse sekruteitsmaakskappye is twee vermeende hekmotordiewe vas getrek. Senforce se Marlette Müller sê aan Rosestad-nuus die verdagtes is aan die polisie oorgegee. Volgens Senforce wys die inhegtenisname dat misdadigers nêrens het om weg te kruip wanneer sekuriteitsmaatskappye saamspan nie. Hulle het ITR, Matasec, ADT en Bloemsec vir hul bystand en spanwerk bedank. FOTO: Senforce

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 26
bottom of page

