Bloemfonteinse sekuriteitsmaatskappye werk saam om vermeende diewe vas te trek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Te danke aan die samewerking van Bloemfonteinse sekruteitsmaakskappye is twee vermeende hekmotordiewe vas getrek.
Senforce se Marlette Müller sê aan Rosestad-nuus die verdagtes is aan die polisie oorgegee.
Volgens Senforce wys die inhegtenisname dat misdadigers nêrens het om weg te kruip wanneer sekuriteitsmaatskappye saamspan nie.
Hulle het ITR, Matasec, ADT en Bloemsec vir hul bystand en spanwerk bedank.







Comments