top of page



N3-sertifikate gaan nie meer uitgereik word nie
Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, het bevestig dat hulle nie meer nuwe N3-sertifikate sal uitreik nie. Volgens die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sal die organisasie voortgaan om waar nodig bestaande sertifikate te vervang. Hy verseker die publiek dat alle voorheen uitgereikte N3-sertifikate geldig bly en dat dit steeds vir indiensneming gebruik kan word. FOTO: Umalusi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10
bottom of page

