top of page




NUM aanvaar Eskom se salarisverhogingsaanbod
Die mynbouvakbond NUM het Eskom se salarisverhogingsaanbod van 7% aanvaar. Vakbonde by Eskom is al vir etlike maande in salarisverhogingsonderhandelinge. NUM en Solidariteit het die jongste aanbod aan hul lede aanvaar. NUM sê sy lede regoor die land het die aanbod aanvaar. Rosestad-nuus het vroeër berig die metaalwerkersvakbond Numsa eis steeds ’n verhoging van 8% en het die aanbod van 7% verwerp. Ter illustrasie. FOTO: Polity

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 16
bottom of page


